Trisa Hugo – Skrywer, Hipnoterapeut & Berader
Trisa Hugo – Skrywer, Hipnoterapeut & Berader
Trisa Hugo
Op ʼn plaas in die ou Transvaal het ʼn man gewoon. ʼn Welgestelde boer en sy suster, Vya. Hy was nooit getroud nie, maar wou graag ʼn erfgenaam hê. Hierdie novelle gaan oor verraad op verskillende vlakke. Die toesmeer van gebeure en ongeregtighede op plase word met deernis en empatie, maar tog ook met realisme, hanteer. Daar word gedelf in die menslike psige om te kyk na dinge wat ons doen, maar wat onder die kombers bly. Deur briewe van Vya word sekere geheime ontrafel. Uiteindelik is daar dít wat vandag se kinders geërf het – Skandes wat toegesmeer is...
Trisa Hugo & Analize Viljoen
Die dag toe Billie by Amandelboom 6 intrek, kon nie sy of Manda, wat oorkant die straat in nr. 9 woon, voorsien hoe verstrengel hulle lewens sou raak nie. Manda en Billie is so verskillend soos Antarktika en die Sahara. Inkennige Manda voel op haar veiligste in haar huis met haar kat, Jasmyn, as geselskap. Billie, aan die anderkant, is net so energiek soos haar hond Tequila. Sy is pas geskei en dolverlief op ’n Irakese vrou, Amani. Uit blote misverstand tussen die troeteldiere begin Billie en Manda oor en weer kuier. En in die proses leer hulle dat die...
Saamgestel deur Stefaans Coetzee & Anschen Conradie
25 kortverhale, die een sondiger as die ander, sal die leser vermaak, ontroer, laat naels kou en dalk selfs laat glimlag. Volgens oorlewering bestaan daar sewe dodelike sondes waaruit alle ander onheilighede voortspruit: hoogmoed, gierigheid, wellus, afguns, vraatsug, toorn, en luiheid.
Analize Viljoen & Trisa Hugo
Dié verhoudingsroman speel af op 'n plaas in Tesselaarsdal. Dit gaan oor vriendskappe in verskeie vorms, en komplekse familieverhoudings wanneer uiteenlopende mense saamgegooi word in ‘n situasie waarin hulle hulself dalk nie normaalweg sou bevind nie. Hedendaagse romantiese verbintenisse en die vloeiendheid van seksualiteit is ook deel van die verhaal. 'n Eietydse verhaal deur die suksesvolle kombinasie van twee skrywers wat dit regkry om die stoom uit die blaaie te laat trek. Opwindend, relevant en 'n bietjie stout. 'n Verhaal met vrymaking as tema. Nie net vir die karakters nie, maar ook vir die leser. - Juliana Coetzer
Trisa Hugo & Analize Viljoen
Die Boekemakranka-kortverhaalbundel, saamgestel deur Analize Viljoen en Trisa Hugo – dit is ‘n unieke multi-media e-bundel, met sy eie klankbaan. My kortverhaal se titel is Heuning vir Honey. Ons het ’n aantal bekende en gewilde skrywers gevra om vir ons kortverhale te skryf met die tema “aanlyn”. Die skrywers kon die tema interpreteer soos hulle wou, en in enige genre van hul keuse skryf. Die verhale is uiteenlopend en daar is iets vir almal: slim stories, snaakse stories, stof tot nadenke, misdaad, drama en liefde.
Saamgestel deur Elsa WInckler
Liefdeskortverhale deur 27 bekende Afrikaanse skrywers om jou naweek op 'n romantiese noot mee te begin. Laat die week en sy gewoel agter met dié stories uit die pen van Juanita Aggenbach, Bernette Bergenthuin, Henk Breytenbach, Malene Breytenbach, Alma Carstens, Alta Cloete, Leona Conradie, Trisa Hugo, Madelie Human, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Kristel Loots, Cliffordene Norton, Susan Olivier, Didi Potgieter, Gerrit Rautenbach, Felicia Snyman, Cecilia Steyn, Dibi Symington, Louise van der Merwer, Santie van der Merwe, Nanette van Rooyen, Frenette van Wyk, Antoinette Venter, Louise Viljoen, Magdaleen Walters en Elsa Winckler.
Die Croyez Literêre Toekenning
My verhaal, 'n Sussie vir Simone was die wenverhaal in Minimal Press en Die Croyez Literêre Toekenning se kortverhaalbundel, soos saamgestel deur Zalman S. Davis. Dit belig uiteenlopende temas soos liefdesverhoudings, die dood, humor, en reissketse.
Elizabeth Carman & Neil Carman
Ek deel 'n ervaring in hierdie boek: Babies Are Cosmic is a groundbreaking book that presents extraordinary findings about babies’ awareness of birth, the womb, conception, heaven, choosing parents, and beyond. Moreover, physicians, psychologists, and birth professionals are finding signs of babies’ secret intelligence before birth: • Unborn babies listen, communicate, and learn. • They sense if they are loved or unloved. • They observe events inside and outside the womb. • Twins display the same behaviors before and after birth. • Prenatal life impacts a child’s psychological development. This evidence of consciousness before birth will expand your mind about...
Saamgestel deur Deborah Steinmair & Gerda Taljaard
In dié bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid. Want die liefde het vele gesigte, en nie almal is mooi nie. 'n Aantal bekende skrywers skryf oor die liefde in vele gedaantes: moederliefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, erotiese liefde, liefde tot die dood toe...Want die liefde verdra alles, maar die liefde het dikwels tande.
Saamgestel deur Deborah Steinmair & Gerda Taljaard
Die kollektiewe geheuebank is propvol bangmaakstories; spektakulêre en sinistêre afskuwelikhede word vanaf die wieg van die mensdom oral oorgelewer, van grot tot kampvuur. Nou is dit geboekstaaf: ʼn vreesaanjaende bundel grilverhale oor spoke, kwelgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is. Laat gerekende spekskieters jou die Skrik op die Lyf jaag. Heelparty bonatuurlik-woordbegaafde bangmakers debuteer ook hier. Mense met verbeeldings soos vingernaels wat oor ʼn swartbord knars.