Trisa Hugo

Lees meer oor Trisa Hugo se lewe

Wie is Trisa Hugo, en wat doen sy?

Trisa se voete is vol seesand, sy kry energie uit die see – en sy teken prente in die sand wat waar word…

WIE IS TRISA?

Trisa Hugo bedryf ʼn gastehuis in Kleinmond.

Sy is ʼn skrywer, resensent en hipnoterapeut en leef bewustelik in harmonie met die mens en met die natuur. Met haar voete in die seesand en haar kop in die wolke, skryf sy stories oor gewone mense, soos syself – kortverhale in verskeie publikasies en drie romans.

Skrywersgesprekke, onderhoude word op ‘n gereelde basis gedoen. Sy is passievol oor die menslike aard, boeke en tegnologie. Die see se energie hou haar kop skoon!

ERKENNINGS

Finalis vir Netwerk24 se Smaakmaker-toekennings 2025

Kortverhaal Heuning vir Honey opgeneem in Woordfees-kortverhaalbundel (2023)

ATKV Fotografiese Wekroep toekenning by Sanctuary Boekfees (2022)

Finalis ATKV-Woordveertjie vir Oor en Weer (2020)

Croyez Literêre Toekenning, vir die wenverhaal in ‘n versamelbundel (2019)

Tweede Prys Ope Afdeling – Bloemfonteinse Skrywersvereniging (2001)

LEES MEER

Op haar MaanKind blog skryf sy oor dinge wat vir haar saak maak.

Sy is aktief op sosiale media en oor die algemeen mal oor wat tegnologie bied.

Gebruik die menu bo om te kyk na haar skryfwerk, resensies en onderhoude.

Volg Trisa op Facebook

Maar ‘n afspraak vir ‘n gratis Zoom onderhoud om te sien hoe hipnoterapie jou kan help.

SRYFWERK

Trisa Hugo skryf uit die plekke waar emosies rou en eg bly — die dieptes waar woorde meer as net stories word. Haar werk is ‘n fyn verweefde tapisserie van menswees: die pyn, die verliese, die oorwinnings, en die stille drome wat elke hart dra.
Met ‘n skerp oog vir die brose skoonheid van gewone lewens, en ‘n styl wat deernis en insig asemhaal, bring sy karakters tot lewe wat lank ná die laaste bladsy in die leser se geheue bly rondspook. Of dit nou ‘n kortverhaal of ‘n roman is, haar vertellings nooi jou uit om stadiger te lees, die fyn lae te ontdek, en dalk ‘n stukkie van jouself daarin raak te lees.

Trisa glo dat elke storie sy oorsprong het in die “hartsgronde” — daardie geheime, stil plekke waar menswees begin.

SKAKELS NA BOEKE

RESENSIES

Trisa Hugo se resensies is weldeurdag, eerlik en met respek geskryf. Sy waardeer die kuns van skryf, maar skroom nie om krities te wees waar dit nodig is nie.

Met haar unieke insig in karakters, struktuur en styl, bied Trisa resensies wat verder gaan as oppervlakkige indrukke. Sy streef daarna om elke boek reg te laat geskied: om sy sterkpunte uit te lig en ook ruimte vir groei aan te dui — altyd met die ingesteldheid om literatuur in sy geheel te vier en te bevorder.

Sy skryf resensies vir verskeie publikasies.

LEES MEER

BOEKEMAKRANKA

Boekemakranka – Alles Boeke – Waar ons tred hou met die boekbedryf, nuwe ontwikkeling en tegnologie.

Boekemakranka is ‘n plek waar die passie vir boeke en tegnologie ontmoet in die vorm van skrywersonderhoude en boekgesprekke.

LEES MEER

Trisa wil nou “aftree” en eerder sit en stories skryf en ander lekker dinge doen. Die huis en vakansie-akkommodasie besigheid is nou te groot… Help ons om ons huis te verkoop! DIe plek het ‘n baie spesifieke eienaar, iemand wat lus is om ‘n werksplek en woonplek in een gebou te hê, lekker naby aan die see!

Trefwoorde op Google wat die plek joune kan maak: Commercial property in Kleinmond, business zoned, retail space in Kleinmond, multi-generational living, dual-purpose living, work space.