Boekemakranka

Wie en wat is Boekemakranka?

Boekemakranka – Alles Boeke – Waar ons tred hou met die boekbedryf, nuwe ontwikkeling en tegnologie.

WIE IS ONS?

Boekemakranka bestaan uit ʼn klein span: Analize ViljoenTrisa Hugo.

Analize en Trisa vorm ‘n gedugte span. Hulle het bygebly met tegnologie en hulle vaardighede voortdurend ontwikkel en uitgebrei, wat saam met liefde vir boeke toegepas word in hierdie opwindende bedryf..

BOEKGESPREKKE

Analize en Trisa doen  aanlyngesprekke en virtuele boekbekendstellings met skrywers. Die inisiatief het begin toe boekbekendstellings deur die inperking geraak is. Boekemakranka was aan die voorpunt van aanlyngesprekke met skrywers en het die baanbrekerswerk gedoen daarvoor.

FACEBOOK

Like en volg Boekemakranka se Page op Facebook, om op hoogte te bly van wat hulle doen.

Boekemakranka het ook ‘n aktiewe Facebook groep en ander sosiale media.

As jy hulle gesprekke geniet, koop vir hulle ‘n koppie koffie of ‘n glas wyn!

Hulle verdien geen gelde vir die tyd, bemarking en toerusting wat aangewend word by by boekgesprekke nie.Hulle waardeer enige bedrag, om nou en dan ‘n koppie koffie of glas wyn te koop om te drink tydens die gesprekke.

PayFast is ‘n veilige platform waar jy op jou eie bank se platform met kredietkaart, debietkaart, MasterPass of ScanToPay kan betaal. Vinnig en maklik, en jou besonderhede word nie gestoor nie.

Koop ‘n koffie by PayFast! Elke R40 koop een koffie!

Baie dankie vir jou ondersteuning!

Ons hoop om nog baie skrywers in jou sitkamer in te nooi deur ons aanlyngesprekke, digitale boekbekendstellings, podcasts en aanlynresensies.