In dié bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid. Want die liefde het vele gesigte, en nie almal is mooi nie. ‘n Aantal bekende skrywers skryf oor die liefde in vele gedaantes: moederliefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, erotiese liefde, liefde tot die dood toe…Want die liefde verdra alles, maar die liefde het dikwels tande.