Hierdie is ‘n liefdadigheidsbundel – Alle tantième word geskenk aan ‘n projek wat etes aan behoeftige bejaardes voorsien.
Kortverhale deur ‘n verskeidenheid bekende Suid-Afrikaanse skrywers. Daar is ʼn wonderlike verskeidenheid bydraers, van ons land se bekroonde skrywers, tot debuutskrywers. Die verhale is so gebalanseerd soos die lewe self: humor en hartseer; pyn en patos; weerloosheid, vreugde en verbetenheid om sin te maak van die lewe.