Hierdie novelle gaan oor verraad op verskillende vlakke. Die toesmeer van gebeure en ongeregtighede op plase word met deernis en empatie, maar tog ook met realisme, hanteer. Daar word gedelf in die menslike psige om te kyk na dinge wat ons doen, maar wat onder die kombers bly. Deur briewe van Vya word sekere geheime ontrafel. Uiteindelik is daar dít wat vandag se kinders geërf het – Skandes wat toegesmeer is uit elkeen van ons se verlede – ERFSKANDES.
Koop die e-boek by jou gunsteling e-winkel (Onder andere Apple books, Kobo, Google Play books, Smashword of lees...
Hierdie is 'n liefdadigheidsbundel - Alle tantième word geskenk aan 'n projek wat etes aan behoeftige bejaardes voorsien.
Kortverhale deur ‘n verskeidenheid bekende Suid-Afrikaanse skrywers. Daar is ʼn wonderlike verskeidenheid bydraers, van ons land se bekroonde skrywers, tot debuutskrywers. Die verhale is so gebalanseerd soos die lewe self: humor en hartseer; pyn en patos; weerloosheid, vreugde en verbetenheid om sin te maak van die lewe.
Afrikaanse Kortverhale deur vier vrygeestige vroue. Verhaaltemas in die bundel wissel van rare vriendskappe, weerlose mense, die reislus, die baie vorms van liefde, keuses wat gemaak word en vrede wat gevind word. Skrywers Anel Heydenrych, Annemari Coetser, Nadia de Kock en Trisa Hugo sorg vir 'n genotvolle leeservaring.