No Image Available

Hartsgronde

 Author: Trisa Hugo  Publisher: Boekemakranka  Published: April 12, 2025 More Details  Lees/Koop
 Description:

In Hartsgronde neem Trisa Hugo die leser op ’n reis na daardie plekke waar emosies nie net gevoel word nie, maar eg en rou resoneer – die plekke waar woorde uit ‘n plek dieper as die hart kom. Hierdie keur van kortverhale, almal voorheen gepubliseer in versamelbundels, word nou vir die eerste keer in een bundel gepubliseer. Dit is ‘n intieme versameling van verhale oor menswees, verlies, lewe en dood.

Met haar kenmerkende raak, helder styl, ontbloot Hugo die hartsgronde van gewone mense in buitengewone oomblikke.

Dit is stories wat die leser agtervolg. Hierdie versameling is bedoel vir wat al ooit liefgehad het, en gewonder het waar pyn eindig en menswees begin. In Hartsgronde gee Trisa Hugo stem aan daardie stil, diep ruimtes binne ons. DIt bring die leser die leser naby aan die hartsgronde van gewone mense, die oomblikke van insig, rou en vergifnis.

Koop die e-boek by jou gunsteling e-winkel (Onder andere Apple books, Kobo, Google Play books, Smashword of lees by Everand)

Koop by Amazon


 Back