Trisa Hugo – Skrywer, Hipnoterapeut & Berader
Trisa Hugo – Skrywer, Hipnoterapeut & Berader

Trisa Hugo

Trisa Hugo bedryf ʼn gastehuis in Kleinmond. Sy is ʼn skrywer, resensent en hipnoterapeut en leef bewustelik in harmonie met die mens en met die natuur. Met haar voete in die seesand en haar kop in die wolke, skryf sy stories oor gewone mense, soos syself – kortverhale in verskeie publikasies en twee romans. Die boek Oor en weer wat sy saam met Analize Viljoen geskryf het, is in 2020 benoem vir ‘n ATKV-Woordveertjie. Sy is passievol oor die menslike aard, boeke en tegnologie. Hierdie belangstellings stel haar in staat om Boekemakranka saam met Analize te bedryf. Hulle doen onder andere aanlyn-boekgesprekke, aanlyn-boekbekendstellings en podcasts.

Erkennings

ATKV Fotografiese Wekroep toekenning by Sanctuary Boekfees (2022)

Finalis ATKV-Woordveertjie vir Oor en Weer (2020)

Croyez Literêre Toekenning, vir die wenverhaal in ‘n versamelbundel (2019)

Tweede Prys Ope Afdeling – Bloemfonteinse Skrywersvereniging (2001)