Die kollektiewe geheuebank is propvol bangmaakstories; spektakulêre en sinistêre afskuwelikhede word vanaf die wieg van die mensdom oral oorgelewer, van grot tot kampvuur. Nou is dit geboekstaaf: ʼn vreesaanjaende bundel grilverhale oor spoke, kwelgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar […]