Resensies

Verskeie resensies, rubrieke, skrywersonderhoude, boekbesprekings en fasilitering van gesprekke met skrywers.

Top Reviewer at Netgalley: Members receive this badge when 3 or more of their reviews have been added to any NetGalley title details page by a publisher.

Professional Reader 25 Book Reviews Reviews Published

Kortverhale in Tydskrifte

Kortverhaal in Huisgenoot

Uittreksel uit MYNE IS PIENK

MYNE IS PIENK

“Hello, kids! His name is Zennie. What are yours?”
Die seuntjie kyk af en die dogtertjie lyk bang. Zennie probeer nou om met sy voorpootjie deur die heining by die dogtertjie te kom. Sy trek haar hand eers terug toe Zennie dit amper regkry om haar hand te lek, maar probeer dan weer om sy kop te vryf. Dit lyk regtig of die kind ontdooi.
Dan sien sy dit. Haar maag ruk. Dit voel of al haar bloed in haar voete opdam. Die rooi skaafmerke om albei kinders se polse lyk plek-plek skrynerig. Dit steek skerp af teen die spierwit velle.
Van iewers kry sy krag om die rooi skaafmerk met haar vingerpunte te soen. “And this? What is this? Did you hurt yourself?”
“We are not allowed to talk to strangers.” Dis amper ‘n fluistering.
“It’s okay, I’m not a stranger, I’m your neighbour. My name is Anelia, and Zennie likes you!” Dit kos al haar selfbeheersing om haar stem neutraal te hou. Die seuntjie trap senuweeagtig rond en kyk nie vir haar nie, maar hou sy sussie dop. Verbeel sy haar of is dit blou merke aan sy bene?
Anelia se hart het nou geskuif en pyn haar hele borskas vol. Haar slape klop, haar arms prik, maar sy doen haar bes om te glimlag.
“It’s okay, really. I am your friend. Zennie wants to be your friend too.” Sy tel die hondjie op.

Lees die volle verhaal HIER

‘n keur uit Rubrieke

Uitdaging wat ons kan navigeer Rubriek Rapport (2024)

Oor oud en nuut Rubriek Rapport (2024)

Om te wonder en waar te neem Rubriek Rapport (2024)

Soms hunker ‘n mens … Rubriek Rapport (2023)

Kniediep in die knyp, maar ons maak ‘n plan Rubriek Rapport (2023)

Wanneer dan? Rubriek Rapport (2023)

Fasilitering van gesprekke en praatjies

Doen gereelde gesprekke met bekende skrywers by Kleinmond Central Cafe – onder andere Bun Booyens, Johan Badenhorst, Stefan Enslin, Herman Lategan, Tom Dreyer, Barbara Townsend en Julio Agrella.

Fasiliteer ‘n gesprek met Charmaine Afrika oor AMMA by Kalfiefees (2024)

Fasiliteer gesprek met Thea Burger oor Healing through art, by Kleinmond Ceramic Festival (2023)

Spreker by Kleinmond VLV oor die skryf van resensies (2022)

90+ Boekemakranka aanlynboekgesprekke (2020 – 2022)

Spreker by Kleinmond VLV oor my skryfwerk (2019)

Fasiliteer gesprek met Elsa Winckler by Kalfiefees (2018)

Lewer praatjie oor die  e-boekindustrie by Kleinmond Boekfees (2017)

Fasiliteer gesprekke tussen skrywers en uitgewers by Kleinmond Boekfees (2017)

Lei gesprek met Mariël le Roux tydens bekendstelling van Isabella in Hermanus (2017)

Fasiliteer gesprekke met digters en skrywers by Kalfiefees. (2014)

Gesprek met skrywer Ian Smit by Kalfiefees (2011)

Bespreking van Die blou van onthou deur Marita van der Vyver by Kleinmond Leeskring (2014)

Bespreking van Verkeerdespruit deur Michiel Heyns by Kleinmond Leeskring (2012)

Bespreking van Padmaker deur Christine Barkhuizen Le Roux by Kleinmond Leeskring (2011)

Bespreking van Chinchilla deur Nanette van Rooyen by Kleinmond Leeskring (2010)

Bespreking van Die Hemelklip deur Tobea Brink by Kleinmond Leeskring (2009)

Bespreking van Dieper water deur Helene de Kock by Kleinmond Leeskring (2008)

Spreker by Kleinmond Boekfees oor Viersprong (2007)

Bespreking van Five Quarters of the Orange deur Joanne Harris by Kleinmond Leeskring (2006)

Bespreking van Skilpoppe deur Barrie Hough by Kleinmond Leeskring (2005)

Bespreking van Daar’s Vis in die Punch deur Jackie Nagtegaal by Kleinmond Leeskring (2003)