Woonplek, Werksplek en Speelplek – Waar woorde en wense waar word.

Aanlyn Boekgesprekke

Boekemakranka se YouTube Kanaal

Boekemakranka was eerste om regstreekse aanlynboekbekendstellings en boekgesprekke met bekende Suid-Afrikaanse skrywers, uit te saai. Dit het begin in die Covid-19 grendeltyd, toe Analize Viljoen en ek besef het dat baie skrywers se boekbekendstellings nie kan plaasvind nie. Ons het besluit om ‘n platform te skep waar skrywers en lesers kan ontmoet in live gesprekke. Sedert April 2020 doen ons ten minste een so ‘n gesprek per week. Ons kry baie goeie reaksies van die lesers, die skrywers en ook die uitgewers. Die projek is so suksesvol dat ons reeds besluit het om daarmee voort te gaan, selfs na die inperking.

Sluit gerus by ons Facebook Groep aan, sodat jy nie ons gesprekke misloop nie! Ons gee ook na die meeste gesprekke ‘n boek weg aan twee gelukkige wenners. Al die gesprekke is na die live uitsending ook beskikbaar op YouTube. Soek hier onder in die live feed na jou gunsteling skrywers, en kom luister na wat hulle te vertel het.