Wat ek Lees

Die lekker van tegnologie, is dat ‘n mens rekord kan hou van amper enige iets en dit ook kan integreer op verskeie platforms. Op Goodreads kan ek rekord hou van wat ek lees, my gungstelingstukkies uit boeke plaas en dit integreer op my blog oor boekeTwitter en Facebook. Mens moet behoorlik kophou tussen jou eie netwerke, maar ek hou daarvan om te dink, ek gebruik sosiale media om my belangstellings, stokperdjies en werk te kombineer en te integreer. Om wyd te lees verbreed nie net my kennis nie, maar ook my insig. Dikwels help dit my as ek wroeg oor iets, om dit vir myself uit te skryf en dit doen ek op my blog as MaanKind, ‘n persona so oud soos sosiale media.

Net ‘n paar van die boeke wat onlangs ‘n indruk op my gemaak het:






Kliek op hierdie skakel vir ‘n lys van 100 Afrikaanse Topverkopers op Amazon

Kliek op hierdie skakel vir ‘n lys van alle eboeke op Amazon

Amazon bied ‘n groot verskeidenheid Afrikaanse e-boeke vir Kindle, wat ook op enige tablet of slimfoon gelees kan word. Probeer ook Audible vir audiobooks, dit werk heerlik op jou slimfoon. (App is gratis vir enige toestel).