Wat ek Bou

Hou jy van die manier waarop hierdie webblad aanmekaar gesit is? Ek kan joune ook doen, of jou vriend of vyand s’n. Kontak my vir ‘n kwotasie, wat tipies sal wissel tussen R1500 en R4000.

E-boeke! Professionele verwerking van manuskripte in ePub-formaat, of in mobi. Ja, ek weet jy kan ‘n manuskrip in Word-formaat laai, maar dan lyk dit soos ‘n Word-dokument. Eerste indrukke is blywend, as iemand bv die “Free sample” op Amazon sien en die uitleg lyk professioneel, het jy ‘n veel beter kans dat jy ‘n boek gaan verkoop. ‘n Gewone manuskrip van so 60,000 woorde behoort tipies ongeveer R500 te wees.

Wil jy ‘n logo laat ontwerp? Of ‘n voorblad vir ‘n boek? Kontak my vir die beste tariewe.

Proefleeswerk vir kontinuïteit en verskeie ander vryskutwerk.