Trisa Hugo – Skrywer, Hipnoterapeut & Berader
Trisa Hugo – Skrywer, Hipnoterapeut & Berader

Boekemakranka

Wie en wat is Boekemakranka?

Boekemakranka – Alles Boeke – Waar ons tred hou met die boekbedryf, nuwe ontwikkeling en tegnologie.

Boekemakranka bestaan uit ʼn klein span: Analize ViljoenTrisa Hugo.

Analize en Trisa vorm ‘n gedugte span. Ons het bygebly met tegnologie en ons vaardighede ontwikkel en uitgebrei, wat saam met liefde vir boeke toegepas word in hierdie opwindende bedryf.

ons doen ook aanlyngesprekke en virtuele boekbekendstellings met skrywers. Die inisiatief het begin toe boekbekendstellings deur die inperking geraak is. Boekemakranka was weereens aan die voorpunt van aanlyngesprekke met skrywers en het die baanbrekerswerk gedoen daarvoor.

Sluit gerus by ons Facebook Groep aan, sodat jy nie ons gesprekke misloop nie! Al die gesprekke is na die live uitsending ook beskikbaar op YouTube.

E-boeke

Ons verwerk en verkoop e-boeke. Kontak ons daaroor.

Podcasts

Ons kan jou help om jou stem wêreldwyd te laat hoor.

Aanlyngesprekke

Ons kan jou help om jou eie aanlyngesprek te hê. Ons kan vir jou die platform voorsien, tegniese bystand gee en overlays en intro’s ontwerp. Kontak ons gerus vir ‘n billike kwotasie vir enige van bogenoemde dienste.

As jy ons gesprekke geniet, koop vir ons ‘n koppie koffie of ‘n glas wyn!

Ons verdien geen gelde vir die tyd, bemarking en toerusting wat ons aanwend by ons by boekgesprekke nie. Ons waardeer enige bedrag, om vir ons nou en dan ‘n koppie koffie of glas wyn te koop om te drink tydens die gesprekke.

PayFast is ‘n veilige platform waar jy met kredietkaart, debietkaart, EFT, MasterPass of Zapper kan betaal. Vinnig en maklik, en jou besonderhede word nie gestoor nie.

Maak donasie van R10

Pay

Maak donasie van R20

Pay

Maak donasie van R30

Pay

Maak donasie van R50

Pay

Maak donasie van R100

Pay

Maak donasie van R200

Pay

Baie dankie vir jou ondersteuning!

Ons hoop om nog baie skrywers in jou sitkamer in te nooi deur ons aanlyngesprekke, digitale boekbekendstellings, podcasts en aanlynresensies.